Sondag 21 Julie 2024 Stephan Briel
Manage episode 429978787 series 2644201
محتوای ارائه شده توسط Gereformeerde kerk Bergbron. تمام محتوای پادکست شامل قسمتها، گرافیکها و توضیحات پادکست مستقیماً توسط Gereformeerde kerk Bergbron یا شریک پلتفرم پادکست آنها آپلود و ارائه میشوند. اگر فکر میکنید شخصی بدون اجازه شما از اثر دارای حق نسخهبرداری شما استفاده میکند، میتوانید روندی که در اینجا شرح داده شده است را دنبال کنید.https://fa.player.fm/legal
Lees: Mark 10: 17-31.
Fokus: Mark 10: 21.
Godsdienstigheid teenoor ‘n ware verhouding met God.
- Die ryk jongman het nog onder die Joodse “misverstand” geleef dat iemand wat ryk is, ‘n beter kans het om die koninkryk te verdien, omdat hy meer goeie dade met sy middele kon doen.
- Die jongman se besittings was sy afgod en hy het dit probeer regverdig deur godsdienstigheid (v 22).
- Ons redding en verhouding met God is van begin tot einde geen menslike prestasie nie (v 25). Ons redding is absolute genade en wonderwerk van Jesus (v 27).
- Teenoor Paulus se beskrywing van godsdienstigheid in Fil 3: 4-6, stel hy die ware verhouding met God in Fil 3: 1, 3.
- Wat was die Joodse “misverstand” ivm rykdom en verwerwing van die ewige lewe?
- Gee ‘n beskrywing van godsdienstigheid.
- Hoe ontvang ‘n mens die ewige lewe?
- Gee die kenmerke van ‘n ware verhouding met God volgens Fil 3: 1, 3.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
292 قسمت