Regs عمومی
[search 0]
بیشتر
برنامه را دانلود کنید!
show episodes
 
A Drinking Podcast; That Sometimes Talks About Airplanes And Learning To Fly. A Private Pilot, A Commercial Pilot And An Airline Transport Pilot (ATP) As Hosts. They Got Board With The FAR AIM Book Years Ago But Are To Lazy To Change The Podcast Name (or do any show prep whatsoever for that matter). Welcome To The Oddest, Most Irreverent And Controversial Pilot Podcast In America.
  continue reading
 
Loading …
show series
 
Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die …
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë g…
  continue reading
 
Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor geld wat hy van sy buurman wil eis ná ‘n windstorm skade aan sy eiendom aangerig het. Hy praat ook oor mediese vrywaringsvorms. Spesialisgas dr. Llewellyn Curlewis bespreek Artikel 174 van die Strafproseswet 51 van 1977.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n oorledene se motor wat op iemand se erf staan, en hulle weet nie hoe om van die motor ontslae te raak nie. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek lewende annuïteite, en die waarde daarvan vir doeleindes van egskeiding.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor ‘n koper wat ‘n koopooreenkoms onderteken, maar intussen van plan verander het. Daar word ook gekyk na eindomsagente se kommissie. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord vrae oor ‘n kontanttekort in ‘n bestorwe boedel.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek wat van troeteldiere word indien hulle eienaars sterf. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor eienaars se opsies vir uitsettingsbevele teen onwettige okkupeerders. Sy praat ook oor munisipaliteite se plig om behuising aan hawelose mense te voorsien.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n buurman wat gifstowwe aan sy kant van die muur spuit, maar die buurman se plante in die proses ook vergiftig. Spesialisgas Volker Kruger verduidelik watter opsies erfgename het om ‘n herverdelingsoorenkoms te sluit.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis. Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek nuwe regulasies vir die indiensneming van buitelanders. Hy praat ook oor die Wet op Handelsmerke. Wat staan jou te doen indien jou nuwe, tweedehandse voertuig breek kort nadat jy dit gekoop het. Familregkenner Riëtte Oosthuisen bespreek bestrede egskeidings, meer spesifiek die dagvaarding.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor die huweliksreg. Hy bespreek ook twee vrae wat handel oor immigrasie en toestemming wat deur een ouer geweier word om kinders saam oorsee te neem. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n werksaanbod wat ontvang is, maar toe teruggetrek is, en wat haar nou te doen staan.…
  continue reading
 
Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering. Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom – En, Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar ni…
  continue reading
 
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n beeseerde persoon wat skade vergoeding eis van die eienaar van ‘n huisdier. Dan praat hy ook oor testamente en die belangrikheid daarvan om dit op datum te hou. Spesialisgas, Riëtte Oosthuizen praat oor onbestrede egskeidings.…
  continue reading
 
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.…
  continue reading
 
In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finan…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n luisteraarsbrief wat handel oor eksekuteuersfooie, en ‘n onlangse saak wat handel oor arbeidswetgeweing wat diskrimineer teen ouers wat betref ouerskapverlof. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor vruggebruik – is dit seën of is dit ‘n straf?توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanu…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer. Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel. Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek diplomatieke immuniteit, en die misbruik daarvan. Hy praat ook oor ‘n interessante saak in die VSA waar Google Maps ‘n man in ‘n rivier in genavigeer het. Igna bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n huurkontrak tussen ‘n slaghuis en 'n verhuurder, wat nie nagekom kan word nie. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat verder …
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon se regsposisie m.b.t. tot die bure se plasing van hulle kragopwekkers. Hy praat ook oor geslagsgeweld waar ‘n man die slagoffer is. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof oor internasionale kinderontvoering.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bepspreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n eis teen die padongelukkefonds. Hy praat ook oor twee interessante sake oor die eindomsreg van ‘n perd. Spesialisgas Peto Milton praat oor rusie tussen aandeelhouers met gelyke aandeelhouding, en of dit die einde van ‘n maatskappy kan beteken.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek die Neurenberg-verhore. Hy praat ook oor diejJuriestelsel en hoekom dit in Suid-Afrika afgeskaf is. Spesialisgas Elmari Richter praat oor ‘n intereassante verwikkeling in die reg wat op 10 Oktober 2023 deur die konstitutionele hof toegestaan is.توسط RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek Apartheidswetgewing en hoe dit detyds in die hof toegepas is. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor jurisdiksie, en hoe dit werk indien iemand op ‘n vliegtuig ‘n misdaad sou pleeg. Spesialisgas Volker Krüger praat oor kontrakte en of dit via WhatsApp-boodskappe gesluit kan word.…
  continue reading
 
Loading …

راهنمای مرجع سریع